Avsnitt
-
ʼn Ouer wat lei het ʼn selfversekerde kind. Dit is hoekom Lourindi glo ʼn ouer moet hulle leierskapsrol in die gesin opneem. Maroela Media
-
Haar debuutenkelsnit, “SySoen”, het ʼn jaar terug sy buiging op die Maroela Media Top-20-trefferparade in die no. 1-posisie gemaak en het sedertdien goue status bereik. Maroela Media
-
Saknas det avsnitt?
-
Jy as ouer wil nie die heeltyd net reaktief en impulsief teenoor jou kind se gedrag optree nie. Dit is juis waarom dit so belangrik is om jou kind se gedrag te verstaan. Maroela Media
-
Maroela Media het hande gevat met Paul Roux van FinMeUp, ʼn groep kenners in finansiële beplanning en opvoeding, vir ʼn opwindende nuwe podsendingreeks wat geldsake vir Jan Alleman verteerbaar maak.
In die jongste episode verduidelik hy die verskil tussen “goeie” en “slegte” skuld en deel praktiese wenke om jou skuld stuk vir stuk te takel. Maroela Media -
In dié nuwe podsendingreeks deel Diaan Daniels unieke en praktiese wenke wat enigiemand, van matriekleerders, tot ma’s van bruide, sal help om die perfekte uitrusting vir die volgende spoggeleentheid te kies. Maroela Media
-
Lourindi Nel verduidelik hoe noodsaaklik dit is om altyd in jou kind se span te wees. Maroela Media
-
Maroela Media het hande gevat met Paul Roux van FinMeUp, ʼn groep kenners in finansiële beplanning en opvoeding, vir ʼn opwindende nuwe podsendingreeks wat geldsake vir Jan Alleman verteerbaar maak.
In die eerste aflewering vertel Paul meer oor sy liefde vir finansies en sy loopbaanreis na FinMeUp. Hy verduidelik ook waarom enigiemand, ongeag hul finansiële profiele, by beplanning sal baat. Maroela Media -
Maroela Media het met prof. Siedine Coetzee van die NWU gesels oor die werk wat haar navorsingsleerstoel doen om verpleegpersoneel te bemagtig. Coetzee het reeds talle artikels in die veld van verpleegkunde op nasionale en internasionale vlak gepubliseer en is nou besig om ʼn leierskapsinstituut vir verpleegkundiges te vestig. Maroela Media
-
“Dit maak my vreeslik opgewonde, en ek beskou dit as ʼn voorreg dat verskeie generasies nou my musiek kan ontdek óf herleef.” Maroela Media
-
Lourindi Nel verduidelik wat gebeur in ʼn kind se gedagtes wanneer ons herhaaldelik ons ouerlike magsposisie gebruik om dissiplinêre doelwitte te behaal. Maroela Media
-
“ʼn Album is ʼn storie, en hierdie is nege hoofstukke wat jou op ʼn toer deur stukkies van ons lewe vat.” Maroela Media
-
“Ek het met die tyd geleer om vir Sanet te verstaan. Ek sê altyd ʼn mens moet ʼn plek kry waar jy empatie het vir die karakter, en dit is wat ek nou in haar gevind het." Maroela Media
-
“Ons is gemaak om te aanbid en terug te gee wat ons ontvang het. Solank Hy die middelpunt is en eer daarvoor kry.” Maroela Media
-
Lourindi verduidelik wat jy as ouer moontlik kan verloor as jy ʼn ingesteldeheid van vrees as benadering tot jou gesinsfondasie volg. Maroela Media
-
Ian Cameron en Heinke Hartdegen is albei ouers en voorstanders van wettige en verantwoordelike vuurwapeneienaarskap. Hulle gee raad oor hoe om seker te maak jou kinders bly veilig as dit by vuurwapens in die huis kom. Maroela Media
-
“Ek het ʼn dieper wete dat alles oukei gaan wees en ten goede gaan meewerk, solank ek net myself kan wees.” Maroela Media
-
Met Maroela Media se podsendingreeks wat fokus op ouerskap en gesonde gesinne, kuier Lourindi Nel oor die volgende paar weke in die ateljee om oor ouerskapskwessies te gesels. Dissipline bly maar ʼn uitdaging. Lourindi sê die eerste stap is om te dink wat jou as ouer se doel met dissipline is. Maroela Media
-
As jy in Suid-Afrika met ʼn vuurwapen wil reis, moet jy verseker dat jy die land se vuurwapenregulasies streng gehoorsaam. Maroela Media het gaan uitvind hoe jy veilig en gemaklik met jou vuurwapen kan reis en selfs vakansie kan hou. Maroela Media
-
“Elke keer as ek by die huis is, neem ek ernstig die pen op en skryf aan die album. Ek wil hê die album moet die gees van my geboorteplaas vasvang.” Maroela Media
- Visa fler