Avsnitt
-
In hierdie week se Wiele2Wiele-episode vertel hulle jou meer oor MG se bekendstelling van sy ZS- en HS-sportnutsmodelle in Suid-Afrika. Die Ford Ranger Platinum is ’n luukse bakkie met ’n klomp tierlantyntjies en get\Worth bring vir jou ’n motorwaardewenk. Clinton Pienaar kuier in die ateljee, gesels oor Project-X en bespiegel oor die MotoGP-seisoen. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
-
Vir hierdie week se Wiele2Wiele-episode het hulle met die opgeknapte Toyota Corolla Cross gaan ry. Die Cross is Suid-Afrika se topverkoper-sportnuts. Hulle het ook die SOMI (State of the Motor Industry)-geleentheid bygewoon, sit die kollig op die MG HS en verduidelik die verskil tussen ‘nuut’ en ‘opgegradeer’ in die week se tegniese wenk. Laastens gesels hulle oor die ikoniese Suzuki TL 1000 S-motorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
-
Saknas det avsnitt?
-
Hierdie week stel GWM hulle nuwe Haval H7 bekend wat soos ʼn paal bo water uitstaan met sy unieke styl en kenmerke. Hulle draai die fokus na die MG ZS en gaan loer na getWorth se resensies op Google. Daar is ook ʼn volledige verslag oor die 2025 Dakar-veldtydren en die podiumresultate van ons trotse Toyota Gazoo Racing Suid-Afrika-renspan. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
-
In hierdie episode van Wiele2Wiele skyn hulle die kollig op die MG Cyberster, ry meer as 4 000km met die Hilux Raider 48V en spandeer tyd met die Omoda C9. Hulle gesels oor die brandstofkwaliteit in Suid-Afrika en oor die KTM-bom wat einde 2024 gebars het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
-
Vir die eerste Wiele2Wiele-program van 2025 gesels hulle met Joe Pretorius, bemarkingsbestuurder van MG Motor SA, oor MG se ryke geskiedenis van meer as 100 jaar en sy terugkeer na Suid-Afrika. Hulle kyk ook na interessante feite en insigte oor die 2025 Dakar-ren wat tans aan die gang is. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
-
In die laaste Wiele2Wiele-episode vir 2024 word daar Land Rover se Defender 90 D300 gesels. Daar word ook oor 2025 se Dakar-ren gesels en hulle vertel jou meer oor al die Suider-Afrika deelnemers wat in aksie gaan wees. Soek jy bewyse dat get\Worth werklik kwaliteit beloon? Hulle gaan vir jou praktiese voorbeelde gee. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
-
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele ry hulle met Volvo se luukse XC90 T8 Recharge sportnuts, spandeer tyd in Ford se Territory en geniet Suzuki se uitstekende nuwe Swift-buksie. Daar is handige raad vir die langpad en ’n Honda-motorfiets vir enige smaak en begroting. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
-
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele deel Renault Suid-Afrika opwindende nuus, die splinternuwe Mitsubishi Triton maak sy verskyning en Hyundai het hul gewilde Creta opgeknap. Jy sal moet spring vir get\Worth se "Crazy Deals" van November! Honda Tygerberg hou ’n opedag vir motorfietsentoesiaste, en die manne gesels oor ’n monster van ’n ysterperd. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
-
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele toetsbestuur hulle die lang slap Mercedes-AMG GT 63 E Performance - ’n monster met Formule 1-tegnologie, 620 kW en ’n ongelooflike 1 470 Nm wringkrag. Nissan stel ook sy nuwe Magnite bekend, propvol moderne tegnologie. Nicol en Mariantha van get\Worth pak ’n prettige karspeletjie aan en Clinton bring vir jou ’n opsomming van die 2024 MotoGP-kampioenskap. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
-
In hierdie episode van Wiele2Wiele spandeer hulle tyd met die luukse Omoda C9 en Suzuki se splinternuwe Swift wat op almal se lippe is. Hulle gesels met Winstone Jordaan, hoof uitvoerende beampte by GridCars, om antwoorde te kry op ’n klomp brandende vrae. Daar is ook ’n lusmaker vir 2Wiele met die kragtige Yamaha MT-01 met sy 1670cc-enjin. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
-
In hierdie episode leer Wiele2Wiele die Jetour X70 Plus van nader ken – 'n sewesitplek-sportnuts met 'n prys van R 454 900. Hulle verken ook twee Volkswagen Polo Vivo-modelle.
get\Worth gaan vir November “mal” met hulle pryse en tydens die tegniese wenk van die week bespreek hulle hibriede-aandryfstelsels. Hulle hou jou ook op hoogte van die jongste motorfietsnuus. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media -
In hierdie episode spandeer Wiele2Wiele tyd met die nuwe Ford Tourneo-bussie en ook die Jaguar I-PACE. Hulle gesels dan met Donovan Parker, die aankoopspesialis by get/Worth, oor hoe hulle kwaliteit beloon. Vir 2Wiele gaan dit alles oor die opwindende 2024 WorldSBK-seisoen en wie as kampioene bekroon is. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
-
In hierdie week se Wiele2Wiele-episode ry hulle met die ingenieurswonder - die Mercedes-AMG C63S E Performance wat 500 kW en 1 020 Nm bied. Omoda stel sy luukse C9-sportnuts bekend en get\Worth wil hul pakhuis volmaak en sal kwaliteit beloon.
Hulle vertel jou alles oor turbo-tegnologie en daar is ’n nuwe nasionale 'Suzuki GSX-8R Cup' motorfiets-renklas vir 2025. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media -
In hierdie episode vat Carl en sy seuns die langpad met die Isuzu D-Max 3.0L Ddi 4x4 LSE om ’n verskil in Lesotho te gaan maak. Mahindra stel sy nuwe XUV 3X0 bekend - ’n kompakte sportnuts teen ’n sakpasprys.
get\Worth beloon kwaliteit en kan die regte waarde van jou motor bepaal. Daarna gesels Clinton met Tom en Lauren, wat op hulle Honda CG125-motorfietse, al die pad van Londen, deur Wes-Afrika, na Kaapstad gereis het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media -
In hierdie week se Wiele2Wiele-episode gaan speel Carl en Jeanette in die Atlantis-duine met die Toyota Hilux GR Sport III tydens vanjaar se Atlantis 4x4-pretdag. Daar was ook aksie by die Zwartkops-renbaan met die 'Top of the Hill'-uitdaging en Brendon Staniforth was daar saam met Volkswagen Motorsport SA vir die Volkswagen Rookie Cup Shootout.
Clinton Pienaar is ook terug in die ateljee en vertel jou alles van die eerste 'Project-X' navigasie-uitdaging, wat in die Richtersveld plaasgevind het en wie daar koning gekraai het. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media -
Wiele2Wiele het met Hyundai se nuweling, die Exter, gaan ry - ’n kompakte sportnuts vir minder as R270 000. Hulle ry ook in weelde met Mercedes-Benz se EQE 350+. Daar is ‘Crazy Deals’ by get\Worth vir Oktober, hulle gee raad oor die belangrikheid van ’n padvaardigheidsertifikaat voor jy jou motor verkoop en gesels oor die MotoGP. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
-
In hierdie se episode van Wiele2Wiele kom nuwe Chinese modelle onder die loep - Jetour se Dashing en X70 Plus is nou in Suid-Afrika beskikbaar en GAC het sy nuwe Emkoo bekend gestel. Mariantha Fryer van get\Worth deel waardevolle raad, SVI pronk by die AAD-ekspo en hulle gesels oor unieke V-twin motorfietse. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
-
In hierdie episode van Wiele2Wiele gaan rits hulle rond met die spliternuwe Ford Tourneo Trend intreevlak-bussie. Die span verskil van mening oor die Citroën C3 Aircross en hulle monde hang oop oor die Mazda CX-60 Takumi met sy 3.3 l tubodiesel-enjin. get\Worth gee raad oor hoe jy geld kan spaar, daar is ’n tegniese wenk oor diensplanne en met die BMW GS Trophy wat tans aan die gang is in Namibië, vertel hulle jou meer van die BMW R 1300 GS Enduro Package-avontuurmotorfiets. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
-
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele het hulle met die splinternuwe derde generasie Volkswagen Tiguan gaan ry en tyd met VW se ID.4 deurgebring. GAC se nuwe Emkoo gooi flikkers, hulle gee raad oor waardevermindering en vertel vir jou van ’n sakpas-avontuurmotorfiets wat jou sal verbaas - die Kove 450 Rally. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
-
In hierdie week se episode vat Wiele2Wiele die langpad met die Mini Countryman S, spandeer tyd met Audi se A3-sedan en daar was alles waarvan jy kan droom by die 'Festival of Motoring'. Daar is raad oor waardevermindering en alles oor 'Project-X', navigasie en ʼn avontuurfiets-kompetisie. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media
- Visa fler