Avsnitt
-
Luister gerus na hierdie week se episode van Wêreldwys vir Jaco Kleynhans se historiese ontleding van die jongste Midde-Oosterse konflik. Jy kan Iran se optrede vandag nie suksesvol ontleed sonder dié beskawingskonteks nie.
Die jongste konflik tussen Israel en Iran is nie net ʼn reaksie op onlangse gebeure nie, maar het diep wortels in geskiedenis, godsdiens en geopolitiek. Hoewel Israel onlangs ʼn aanval op Iran van stapel gestuur het, waarna Iran gereageer het, lê die dieper betekenis van hierdie botsing in Iran se eeueoue, dog konstant veranderende aard as beskawing. -
Luister na hierdie week se episode van Wêreldwys vir ontledings van die 10 grootste internasionale gebeurtenisse van die afgelope week. Die wêreld blyk op vele vlakke onrustig te wees – luister na Jaco Kleynhans se uiteensitting van die belangrikste onderhandelinge, onluste, verkiesings en vooruitsigte.
-
Saknas det avsnitt?
-
In hierdie week se episode van Wêreldwys word al hierdie en ander politieke verwikkelinge in Europa bespreek. Ook die huidige verskuiwings in steun in die Verenigde Koninkryk en die toename in steun vir Skotse onafhanklikheid word bespreek.
Die podsending is opgeneem voordat die Nederlandse koalisieregering Dinsdag tot ʼn val gekom het, maar die opbou daartoe word wel in hierdie episode bespreek en daarmee saam die uitdagings van baie regerings in Europa om aan die eise van kiesers te voldoen. -
In hierdie week se aflewering van Wêreldwys kyk ons na ʼn paar voorbeelde van dié voortvarende eilande van Westerse kultuur in Europa. Plekke soos Suid-Tirool in Italië, Friesland in Nederland en selfs die Duitse gemeenskap van 70 000 in België is sprekende voorbeelde van wat moontlik is met kulturele weerbarstigheid in die aangesig van eksistensiële bedreiging.
-
In hierdie week se episode van Wêreldwys kyk ons in diepte na die wyse waarop Afrikaners in die internasionale kollig geplaas is, hoekom dit gebeur het, wat die aanloop daartoe was en wat werklik steek agter Trump se vermoeidheid met dié groepie aan die suidpunt van Afrika.
Op die keper beskou was dit ʼn suksesvolle ontmoeting – die ANC-geleide regering het nou geen anders keuse as om met Afrikaners in gesprek te tree nie. Trump het Ramaphosa mooi laat verstaan dat hy nou met Afrikaners moet skakel en een of ander ooreenkoms met die kultuurgemeenskap moet sluit. Dié gesprekke moet gouer eerder as later gebeur. -
In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans vanaf die Spaanse eiland Ibiza met twee bekende Nederlandse kommentators – Marlies Dekkers en Wierd Duk – oor die toekoms van Nederland, Europa en die Westerse beskawing.
-
Wêreldwys | Afrikaner-wortels in Europa herbesoek | Ep. 45
-
In hierdie week se Wêreldwys ontleed Jaco Kleynhans hoe Trump se tariewe, onderhandelings en siening van soewereiniteit nie net die Amerikaanse ekonomie nie, maar ook die internasionale magsbalans beïnvloed. Is Amerika besig om sy posisie te versterk, en is China regtig so veerkragtig soos dit voorgee? Dié vrae raak elke land op aarde – ook Suid-Afrika.
-
Wêreldwys | Handelsoorlog aan die kern van globale magstryd | Ep. 43
-
In die jongste aflewering van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met Alida Kok, dosent in politiek aan Akademia, oor die manier waarop diplomasie oor die afgelope dekades verander het. ou modelle van diplomasie is nie meer voldoen nie. In hierdie werklikheid is dit nodig om ʼn nuwe balans te vind tussen dialoog en druk. Om hierdie balans te vind en strategies te kan toepas, is wat groepe op dié komplekse speelveld sal kan onderskei.
-
In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons met Pollak oor die verhouding tussen SA en die VSA en wat nodig is om dit reg te ruk. Joel Pollak is ʼn senior redakteur by Breitbart in Los Angeles in die VSA. Breitbart is een van die grootste en mees invloedryke bronne van konserwatiewe, alternatiewe media in Amerika.
-
In hierdie week se uitgawe van Wêreldwys gesels ons oor hoe Trump die globale herskikking van magte versnel en hoe lande soos China, Indië, Iran, Rusland, verskeie Europese reuse soos Duitsland en andere hierop reageer en wat dit vir die toekoms inhou.
-
In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons met die bekende Nederlandse joernalis en skrywer Wierd Duk wat ook ’n kenner is van Rusland, waar hy self 12 jaar lank gewoon het. Sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog het die VSA ’n sterk militêre teenwoordigheid in Europa. Europese lande het oor die afgelope paar dekades stelselmatig hulle militêre begrotings besnoei tot op ’n punt waar baie EU-lidlande vandag nie meer oor enige vermoë beskik om hulself militêr te kan verdedig nie. Europa het ook grootliks sy vermoë om self wapens te vervaardig, verloor.
-
Die Solidariteit Beweging lê tans besoek af aan die VSA te midde van ingrypende politieke veranderinge die afgelope paar weke. Hierdie besoek is nie net ʼn reaksie op die gebeure in die Trump-administrasie nie, maar ook ʼn poging om ʼn nuwe bewusmaking van Afrikaners in Amerika te vestig. In hierdie week van Wêreldwys bespreek ons die doel van die besoek asook hoe Afrikaners in Washington ontvang word.
-
In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels ons met militêre kenner prof. Abel Esterhuyse oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se teenwoordigheid in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) wat toenemend bevraagteken moet word. Operasioneel sukkel ons magte om enige betekenisvolle impak te maak, deels weens onsekere doelwitte en ʼn skreiende tekort aan strategiese leiding.
-
Die Westerse wêreld verkeer jare lank reeds in ʼn reuse-leierskapskrisis met die meerderheid staatshoofde in Westerse lande wat ongewild is en swak mandate van hul kiesers het. Dit blyk of daar in die grootste dele van die Weste groot politieke onvergenoegdheid onder kiesers bestaan, met swak leiers wat nie vermoënd of gewillig is om te doen wat hul kiesers van hulle verwag nie.
-
Die wêreld waarin ons vandag leef, is deurspek met oorloë op elke kontinent – vanaf internasionale konflikte, streekskonflikte en verskeie komplekse burgeroorloë. Selfs oorloë en konflik het egter reëls waaraan dit moet voldoen en beperkinge waarbinne dit moet geskied.
In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels ons met prof. Martie Bradley, spesialis in internasionale reg en internasionale humanitêre reg, oor die tientalle oorloë wat vandag reg oor die wêreld woed en hoe ons daaroor kan dink. -
Donald Trump het tydens sy eerste tien dae in die Withuis met selfvertroue, fokus en ʼn duidelike missie weggespring, en hy het reeds reusehervormings van die federale regering, Amerika se immigrasiebeleid, ekonomiese beleid en selfs buitelandse beleid begin implementeer. Gaan Trump in sy doelwitte slaag? Gaan hy die Amerikaners se steun behou? Ons bespreek dit alles in hierdie week se uitgawe van Wêreldwys.
-
In hierdie week se episode van Wêreldwys ontleed ons die gebeure wat tot Trump se verkiesing gelei het, wat ons van die nuwe Trump-regering kan verwag, sy kabinetaanstellings en die wyse waarop Trump sy party en die VSA die afgelope paar jaar verander het.
- Visa fler