Avsnitt
-
In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met 'n Hongaar wat in Suid-Afrika grootgeword het oor Hongarye, Orbán, die onlangse verkiesings in Europa en hoe dit Hongarye raak.
-
Saknas det avsnitt?
-
Prof. Koos Malan gesels saam oor die huidige persepsies van Suid-Afrika in die buiteland en hoe dié land beter bande kan smee om uiteindelik buitelandse beleggings te verhoog en groter handelsgeleenthede te ontsluit.
-
Tendense in Europese beleid kan wêreldwyd gevolge hê. Daarom word hierdie week se hele program aan ʼn ontleding van die Europese verkiesing gewy, in gesprek met CW Burgers en Álvaro Peñas.
-
Suid-Tirool het ʼn band met die Afrikaner wat tot die Tweede Vryheidsoorlog terug strek. Daarmee saam is die model van outonomiteit wat Suid-Tirool oor dekades verkry het ʼn voorbeeld vir ander gebiede in Europa, maar ook die res van die wêreld.
-
In die tweede episode van Wêreldwys gesels ons met een van die voorste Belgiese grondwetkenners, Frank Judo, oor die geskiedenis van die Belgiese staat, hoe federalisme in België ontwikkel het en wat ná volgende week se verkiesing verwag kan word.
-
Om weekliks internasionale nuusgebeure te bespreek en te ontleed, stel Maroela Media hierdie week die nuwe podsending, “Wêreldwys”, bekend, wat deur Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by die Solidariteit Beweging, aangebied word.