Avsnitt
-
Die 8-jarige Isaac Miggels het uitgesien na ’n sorglose Desember vakansie op ’n plaas in die Wes-Kaap, maar min het hy sy ouers geweet watter dodelike gevaar vir hom wag. Miggels se ouers het hom plaas toe gestuur om by sy twee ouma’s te gaan kuier, juis omdat hulle nie wou hê hy die hele skool vakansie en Fees Seisoen in die gevaarlike strate van hulle buurt op die Kaapse vlakte moes spandeer nie.
’n Stryery met drie ander jong seuns op die plaas het egter gelei tot ‘n tragedie wat die familie se vakansie planne in ’n dodelik nagmerrie laat ontaard het... Webpage · Find more from JacPod -
Ina Bonnette het 2012 ingegaan met die hoop dat sy finaal van haar vervreemde man, Johan Kotzé, sou kon skei. Maar Kotze het ’n ander plan in sy kop gehad – hy wou Ina ’n les leer en seker maak haar grootste nagmerrie word bewaarheid. Wat Kotze daardie dag in Januarie in ’n Limpopose dorp aan Ina gedoen het, sou hom ontmasker as die Modimolle Monster.
*Hierdie episode het ‘n addisionele waarskuwing vir luisteraars wat sensitief is vir inhoud oor geslags geweld en uiterste geweld teenoor vroue.* Webpage · Find more from JacPod -
Saknas det avsnitt?
-
Lucky Dube was een van Suid-Afrika se mees gewilde en geliefde sangers toe hy in 2007 dood geskiet is bloot omdat hy in die verkeerde kar gery het op die verkeerde tyd en in die verkeerde Johannesburgse straat. Die 43-jarige Dube het gedoen wat ouers met tieners elke naweek doen – rondry om sy kinders te gaan op- en aflaai. Sy sinnelose moord het die land geskok en die wêreld se fokus geplaas op die verhoor van die bende motor kapers ..... Webpage · Find more from JacPod
-
Die oggend van 21 April 2015 was soos enige ander vir Jayde Panayiotou – sy het langs die straat gestaan en wag vir haar vriendin om haar te kom oplaai sodat hulle kon saamry werk toe. Maar binne vyf minute het Jayde spoorloos verdwyn voor die ingang na die kompleks waar sy en haar man gebly het. Min het haar familie en die land geweet dat die man naaste aan Jayde die een sou wees wat haar moord gereël het. Dié episode vertel die ware web van leuens wat aan die lig gekom het toe Christopher Panayiotou vir sy vrou se moord aangekla is ….. Webpage · Find more from JacPod
-
Die eerste episode van True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe se Seisoen 3 vertel die verhaal van die Stander Bende en die polisie beampte wat in die 1980s sy vrye tyd gebruik het deur banke te beroof. Die legende van André Stander en sy bende het die hele land – en later selfs tot in Amerika – mense se verbeelding vas gevang. Dis ’n storie waarmee gewilde Afrikaanse sanger, Joe Black, ook in sy huis groot geword het omdat albei sy ouers aan die voorpunt was van misdaad bekamping. In hierdie spesiale episode, leen Joe sy stem om dié ware misdaad verhaal te vertel….. Webpage · Find more from JacPod
-
Die nuwe seisoen van dié bekroonde podgooi is terug met weeklikse episodes oor van die land se mees berugte misdaad intriges.
Seisoen 3 skop af met ’n spesiale episode waarin bekende sanger Jo Black, help vertel aan die storie oor die Stander Bende.
Die ander ware misdaad verhale strek van die Wes-Kaap tot in Modimolle in Limpopo.
Luister weekliks van 11 Maart 2025! Webpage · Find more from JacPod -
Daisy de Melker was Suid-Afrika se eerste ooit vroue reeks moordenaar. Sy het in die 1920s opspraak gemaak as die vrou wat twee van haar mans en haar eie seun vergiftig het in ‘n tyd toe niemand durf dink het dat ‘n vrou sulke moorde sou kon pleeg nie. Dié episode vertel Daisy se lewens verhaal, hoe dit gekom het dat sy soveel van gif geweet het en wat sy met dié kennis sou doen …… Webpage · Find more from JacPod
-
In Maart 2021, is een van die grootste dwelm slagte in die land geslaan tydens ‘n klopjag op ‘n skip in Saldanhabaai hawe. Aanboord die Windward, het die polisie nie net afgekom op meer as R500 miljoen se pure kokaïene nie, maar het ook ‘n internasionale misdaad groep se dwelm roete oopgekrap. Dié episode vertel oor die saak wat ontvou het van mense handel, dwelm handel en die luukse lewens van ‘n groep buitelanders. Webpage · Find more from JacPod
-
Cedric Maake het op sy eie vir ‘n jaar lank ‘n terreur van verskrikking regoor verskeie buurte van Johannesburg gesaai. Hy het sy slagoffers in 1997 met ‘n hamer toe getakel, geskiet, verkrag en beroof, maar dit was sy reeks moorde by Wemmer Pan wat tot sy uiteindelike inhegtenis neming gelei het. Episode 6 vertel die storie oor een van die mees berugte reeks moordenaars in die land se geskiedenis. Webpage · Find more from JacPod
-
Toe Colin Bouwer sy vrou en twee kinders in 1997 oppak en Nieu-Seeland toe trek, het niemand daaroor gewonder nie. Colin was ‘n uiters bekwame psigiater wat ‘n invloedryke pos aangebied is en saam met sy gesin op die heuwels bo ‘n skilderagtige strand gebly het. Maar wat niemand kon sien kom nie, was Colin se plan om sy vrou stelselmatige te vergiftig. Episode 5 vertel die storie oor die hoogste verraad, toe Annette Bouwer deur haar man vermoor is … Webpage · Find more from JacPod
-
Die skilderagtige Suid-Kaapse Tuinroete is in 2021 geskok gelaat toe ‘n gewilde preker tronk toe gestuur is vir die moord op een van sy gemeentelede. Wat in die hof aan die lig gekom het, was nie net hoe Hlompho Koloi vermoor is nie, maar die lewens polisse wat die man bekend as Pastoor Mongo - ook in die naam van ander gemeente lede uitgeneem het. Episode vier van dié reeks vertel van die hartseer wat die preker en sy vrou onder ‘n hele kerk gemeenskap gesaai het … Webpage · Find more from JacPod
-
Op ‘n kouerige aand in Mei 2014, klim ‘n tingerige seun met net ‘n kortbroek aan oor die muur om hulp te soek by die bure. Sy hulpkreet het daartoe gelei dat die owerhede die deure oop kon gooi van ‘n huis waar gruwel dade in Springs ontbloot is. Die derde episode van dié reeks vertel die storie oor een van die mees skokkende gevalle van kinder mishandeling om ooit in Suid-Afrika oopgevlek te word.
Hierdie episode oor die ware misdaad verhaal van die Springs Huis van Gruwels kom met ‘n addisionele waarskuwing vir luisteraars wat sensitief is vir inhoud oor kinder mishandeling, seksuele mishandeling en kinder verwaarlosing. Webpage · Find more from JacPod -
Inwoners van die klein Noord-Kaapse dorpie van Pofadder is in 2020 tot stilstand geskok toe een van hulle spog seuns vermoor is. Asof die ontdekking van Leon Brits se liggaam in sy swembad nie erg genoeg was nie, het die onthulling van die meesterbrein agter die moord, die gemeenskap in ongeloof gelaat. Webpage · Find more from JacPod
-
Seisoen 2 skop af met die storie van ‘n man wat Suid-Afrikaners wou laat glo dat petroleum jellie hom sou help om uit een van die mees beveiligde tronke in die land te ontsnap. Ananias Mathe was regoor die land berug vir sy kul-jou-hier-kul-jou-daar verhaal. Maar syne was meer van ‘n veldtog van terreurl as ‘n onskuldige tower kunsie – en sy dramatiese ontsnapping bly steeds ‘n misdaad raaisel.
___________________________________________________________________________________________
'True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe' is gebasseer op die 'True Crime South Africa' podgooi reeks deur Nicole Engelbrecht. Webpage · Find more from JacPod -
Die nuwe seisoen van dié bekroonde podgooi is terug met weeklikse episodes oor van die land se mees berugte misdaad intriges.
Seisoen 2 vertel die ware stories oor misdade en die impak op die slagoffers van George in die Wes-Kaap tot in Pofadder in die Noord-Kaap.
Luister van 25 Junie 2024! Webpage · Find more from JacPod -
Krugersdorp het Suid-Afrika in 2019 geskok toe 'n bisarre storie aan die lig gekom het oor die moorde op 11 mense in dié gebied aan die Wes-Rand. Ses inwoners is skuldig bevind dat hulle 'n terreur bewind gevoer en die moorde gepleeg het in die naam van Christenskap, satanisme, jaloesie en geldsug. Gerda de Sousa vertel dié ware misdaad verhaal in die sesde episode van True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe... Webpage · Find more from JacPod
-
Op 25 Mei 2010 gee Natasha Viljoen geboorte aan 'n seuntjie in a hospitaal in Gauteng. Maar vyf dae later verdwyn sy en meer as 'n dekade later is daar steeds geen teken van haar nie. Gerda de Sousa vertel dié ware en onopgeloste misdaad verhaal in die vyfde episode van True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe. Webpage · Find more from JacPod
-
Moses Sithole het in die vroeë 1990s sy moord bewind gevoer onder vroue in Atteridgeville, Boksburg en Cleveland. Sithole is in die geskiedenis boeke aangeteken as die veroordeelde reeksmoordenaar met een van die meeste slagoffers ooit. Gerda de Sousa vertel dié ware misdaad verhaal in die vierde episode van True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe. Webpage · Find more from JacPod
-
Op Vrydag, 6 April 2012, is drie lede van die Steenkamp gesin brutaal vermoor op hulle plaas net buite Griekwastad. Hulle 15-jaar oue seun en broer, Don Steenkamp, het dié klein gemeenskap en die land tot stilstand geskok toe hy skuldig bevind is. Gerda de Sousa vertel dié ware misdaad verhaal in die derde episode van True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe ….. Webpage · Find more from JacPod
-
In 2002, is Marietjie Prinsloo en haar Krion maatskappy ontmasker as een van die grootste Ponzi skemas in Suid-Afrika se geskiedenis. Met haar val, het Prinsloo die inwoners van ‘n hele dorp op hulle knieë gedwing. Gerda de Sousa vertel dié ware misdaad verhaal in die tweede episode van True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe ….. Webpage · Find more from JacPod
- Visa fler