Avsnitt
-
2 Julie 2026: 'n Skokkende agterstand van 250 000 DNS-monsters by polisie-laboratoriums. Die Departement van Vervoer ondersoek 'n nuwe befondsingsmodel vir die Padongelukkefonds. 'n Rekord mielie-oes wink.
-
1 Julie 2026: Die waarnemende minister van polisie vermoed daar is 'n politieke agenda agter drukgroepe se beplande betogings elke Donderdag. Reaksie op die kabinetskommelinge. Baie koue weer met sneeu en swaar reën op pad na die suid-ooste en sentrale dele van die land.
-
Saknas det avsnitt?
-
30 Junie 2026: Die landwye betogings teen ongedokumenteerde buitelanders is aan die gang. Ons praat met ons verslaggewers in brandpuntgebiede. Ons vra ook of dié begtogings skadelik is vir die Suid-Afrikaanse handelsnaam. Die forensiese ondersoeker, Paul O'Sullivan, beweer die polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkwanazi, se 2025-openbare verklaring oor korrupsie in die polisiediens het 'n verskuilde motief gehad.
-
29 Junie 2026: Die Madlanga-kommissie sit sy werksaamhede voort ná 'n mislukte sluipmoordaanval op ’n sleutelgetuie. Talle politieke partye en nie-regeringorganiasies veroordeel môre se beplande betogings teen onwettige buitelanders. Groot tennis begin vandag op Wimbledon in Engeland.
-
26 Junie 2026: Die geskorste nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, en meer as 'n dosyn ander senior polisiebeamptes verskyn in die hof in verband met die beweerde Medicare24-bedrogspul. Johannesburg se nuwe munisipale tariewe is bekend - alles is op, met water wat meer as 12% styg.
-
25 Junie 2026: Venezuela tel die stukke op ná twee vernietigende aardbewings kort na mekaar. Drie verdagtes verskyn in die hof in verband met die Cleveland-skietery wat 13 lewens geëis het. Munisipaliteite met swak oudits is meer vatbaar vir die impak van klimaatsverandering.
-
24 Junie 2026: Die FW De Klerk Stigting sê te min Suid-Afrikaners spreek hulleself uit teen vreemdelingehaat. Die Johannesburg Padagentskap trap die rem op herstelwerk in die metro weens 'n brandstofkrisis. Landswye monsters wys sowat 'n kwart van mense wat tans grieperig is, die H1N1-virus onder lede het.
-
23 Junie 2026: R600 miljoen van die polisie-begroting geoormerk vir spesiale operasies om die beplande landwye betogings op 30 Junie te bestuur, terwyl owerhede Suid-Afrikaners versoek om nie paniekbevange te raak nie. Die Minister van Basiese Onderwys praat oor haar uitdagings ná twee jaar in die tuig.
-
22 Junie 2026: Ons bespreek Keith Starmer se bedanking as Britse eerste minister. Ons praat met Paul Adams oor die vroue Proteas se uitstekende vertoning, en die pad vorentoe in die Wêreldbeker-toernooi. 'n Dokumentêr oor Kaapse HipHop-kunstenaars seëvier by die Encounters Internasionale Rolprentfees.
-
19 Junie 2026: Bendegeweld in Kaapstad vereis buitengewone maatreëls, sê minister Anroux Marais. Meer as 40 woonbuurte in die Nelson Mandelabaai-metro ervaar watertoevoerprobleme te midde van opgaardamme wat oorloop. Die OVK sê alle noodsaaklike verkiesingsmateriaal is aan stempunte versprei op die vooraand van die eerste kiesersregistrasienaweek.
-
18 Junie 2026: Die nuutste getuie voor die Madlanga-kommissie verskyn in camera weens kommer oor die getuie se veiligheid. Die Phala Phala-afsettingskomitee word voorgelig oor regsopsies teen president Cyril Ramaphosa se interdiktaktiek. Nóg koue weer lê om die draai.
-
17 Junie 2026: 'n Beoogde kabinetskommeling in DA-geledere laat wenkbroue lig. Inflasie neem verder toe. Europese lande aanvaar dat Rusland met sy rug teen die muur is wat die oorlog met Oekraïne betref.
-
16 June 2026: President Cyril Ramaphosa spreek die land toe in Soweto op Jeugdag. Druk neem toe op die Speaker van die parlement, Thoko Didiza, oor president Ramaphosa se afsettingskomitee-saak. Huldeblyke stroom in vir die jazzikoon en roemryke musikant, dr. Abdullah Ibrahim, wat in Duitsland sterf.
-
15 Junie 2026: Vusimuzi "Cat" Matlala en sy medebeskuldigdes weer in die hof. Versoeke dat daar eerder 'n nuwe hospitaal in die plek van 1 Militêre Hospitaal in Pretoria gebou word. Die G7-beraad begin in Frankryk.
-
12 Junie 2026: Die teenmisdaad-aktivis, Yusuf Abramjee, sê hy gaan voort met sy werk ongeag dreigemente wat teen hom gemaak is. Die DA dien 'n dossier oor kinderswangerskappe by die Menseregtekommissie in. Daar is 'n sterk aanduiding vanuit Iran dat 'n voorlopige ooreenkoms bereik is om die oorlog te beëindig.
-
11 Junie 2026: 60 Spookwerkers ontmasker in die Department van Openbare Werke en Infrastruktuur. Die gaping tussen werkloses en dié wat werk het, word al hoe kleiner. Ons praat met 'n sokkerkenner oor Bafana Bafana se kanse in die Wêreldbeker-toernooi.
-
Spektrum: Minstens tien verdagtes wat verbind word met die massaskietvoorval in Cleveland, Johannesburg, nog op vrye voet. Die debat oor onwettige immigrante tel spoed op. 'n Bohaai oor 'n bek-en-klouseer-e-pos uit die kantoor van die Ministerie van Landbou.
-
9 Junie 2026: Suid-Afrika se ekonomie groei stadig in die eerste kwartaal van 2026. Nóg polisiebeamptes geskors in verband met die Medicare24 Tshwane-tender. 'n Ondersoekbeampte van OPOD getuig voor die Madlanga-kommissie oor die Aeroton-dwelmvonds.
-
8 Junie 2026: Die kabinet skrap motoriste se uitstaande e-tolskuld. Die departement van basiese onderwys wil Kwintiel 5-skole verhoed om onder meer leerlinge se akademiese prestasie as toelatingsvereiste te gebruik. Die Ou Raadsaal se horlosie op Kerkplein in Pretoria se klokke beier weer ná 30 jaar.
-
5 Junie 2026: 'n Hooggeplaaste polisiebeampte, Richard Shibiri, val weens sy verbintenis met die misdaadbaas Vusimusi "Cat" Matlala, en kenners sê talle ander sal volg. 'n Voorkomende middel teen MIV word in Suid-Afrika bekendgestel. Inwoners van die Wes- en die Oos-Kaap tel die stukke op ná 'n tweede rondte oorstromings.
- Visa fler