Avsnitt
-
JOU EIE PAASNAWEEK-RETREAT
Vier saam met Afrikaans.Radio en Siel ‘n naweek wat jou weer lewendig laat voel, waarin ons vrede en gelykmatigheid nastreef in meditasies en vooraf-inleidings. Of jy nou al lankal mediteer of hierdie naweek vir die eerste keer probeer, welkom! Ons nooi jou om die huidige oomblik te vier en die kalmte binne jou te ontdek.
Om meer sin te gee aan jou meditasies, is dit slim om ‘n meditasiejoernaal aan te skaf. Hou dit by jou, saam met ‘n pen of ‘n stel inkleurpotlode en mymer met jou aantekeninge, prentjies, lyne in kleur, vorms of net enkele woorde oor jou ervaring gedurende die meditasiesessie. Afrikaans.Radio · siel -

Saknas det avsnitt?

Waarom sal mens ‘n woud-meditasie doen? Die natuur het ‘n kalmerende ivloed op jou en hierdie meditasie help om spanning te verlaag.
Soos wanneer jy diep in ‘n woud gaan sit en na geluide van voëls en die ritsel van blare tussen die bome luister…
Jy voel beskermd. Ons raak ook ontslae van spanning in die lyf, deur ‘n ‘body scan’, wanneer jy bewus raak van elke deel van jou ligaam en algaande ontspan. Afrikaans.Radio · siel -
As jy jou aandag fokus, letterlik vernou, vernuwe dit jou denke, dit is aandagsvernuwing. Jy kyk letterlik met nuwe oë na die lewe. Onthou jy, toe ons kindertjies was, het ons op die grond gelê en na die wolke gekyk soos dit beweeg. Na so ‘n sessie voel mens sommer LEWENDIG.
Daardie paar minute, waarin ons net fokus op een objek of gebeurtenis, sonder om verder te dink of dit te prober identifiseer, of daaroor mymer, restoureer ons breingolwe en vernuwe ons denke. Afrikaans.Radio · siel -
Hierdie is ‘n meditasie om jou hande te waardeer en te eer. Ons gaan dieper kyk na alles wat jou hande vir jou beteken, al aangeraak en vermag het. As mense neem ons, ons hande as vanselfsprekend maar jou hande maak kennis en ontdek die wêreld. Jou hande net soos jy is uniek, en dit wat hulle al ervaar of vermag moet ons waardeer en eer. Afrikaans.Radio · siel
-
Neem ‘n blaaskans. Hierdie is ‘n baie kort meditasie waarin jy letterlik gelei word om ‘n blaaskans te neem, in jou asemhaling, jou gedagtes, jou wese. Wanneer stilword en pouses tussen dagtake ‘n gewoonte word, word ‘n mens kalm, begin jy die lewe in perspektief ervaar en gee jy jouself geleentheid om meer in die oomblik, met fokus, te leef. Afrikaans.Radio · siel
-
Hierdie is ‘n meditasie om die pad te stap terug na jou outentieke self. Ons gaan dieper kyk na sensasies en behoeftes in jou hart, kyk of ons jou hartsbegeertes kan ontdek.
As mense is ons mees kragtige emosie, liefde. Alle ander emosies soos geluk, hartseer, jaloesie is net komponente van liefde, verdraaiings van liefde.
So enige pyn wat jy voel, is komponente, vertakkings van liefde. Pyn en verlies, en hoe ons dit hanteer, kan deur gereelde meditasie draaglik gemaak word. As jy minder pyn wil voel, mediteer meer dikwels. Volgens nuwe navorsing kan gereelde meditasie die emosionele reaksie op pyn werklik uitvee. Fisieke pyn sowel as geestelike pyn. Afrikaans.Radio · siel -
Hierdie meditasie gaan jou help om ‘n lewe van OORWINNING te leef, jou help om die lig wat binne jou is, helder te laat skyn. Ons gaan daaraan werk om hart, siel en verstand te verbind, met kragtige "Ek is" – bevestigings. Afrikaans.Radio · siel